Select Page

Uitsprake in ander regstelsels waar mediasie ‘n baie beter opsie as litigasie sou wees

by | May 24, 2018

In verskeie sake, het ons regters verwys na uitsprake in ander regstelsels waar mediasie ‘n baie beter opsie as litigasie sou wees.

In MB v NB 2010 (3) SA 220 (GSJ) verwys Brassey AJ na die Engelse saak Egan v Motor Services (Bath) Ltd [2007] EWCA Civ 1002. In hierdie saak het dit gegaan oor ‘n klient wat ‘n peperduur motor gekoop het wat nie aan sy verwagtinge voldoen het nie. Die handelaar wou sy prestige produk se reputasie beskerm.

Die regter in sy uitspraak sê: “This case cries out for mediation”. Hy gee dan ook redes. Hy sê dat dit duidelik is wat kan gebeur: gevoelens loop hoog en beide partye gaan by hulle standpunte bly staan. Die, soos hy dit stel, “litigation bandwagon will roll on”. Dit is onvermydelik dat kenners ingeroep gaan word en voor jy jou oë uitvee, moet daar twee of drie dae in die hof spandeer word. Daar bestaan ook ‘n groot moontlikheid dat daar appêl aangeteken gaan word. Hy sê verder dat dit tot gevolg gaan hê dat ‘n totaal oneweredige bedrag van £100,000 betaal sal word om te baklei oor die baie klein bedrag van £6,000. Die geleerde regter sê verder, indien die partye saam met ‘n onpartydige persoon om ‘n tafel gesit het, sou die uiterste dwaasheid van die eis duidelik geword het. Die skamele bedrag wat mediasie sou kos en die uitspattige koste van litigasie kan nie teen mekaar opgeweeg word nie. Hy sê  die beste tyd om te medieer is altyd voor die eis aanhangig gemaak word.

Verder, dit is  nie ‘n teken van swakheid om mediasie voor te stel nie; dit is ‘n teken van gesonde verstand. Mediasie is ‘n uitstekende toevoegsel tot litigasie en die uitkoms is verstommend goed. Probeer hierdie opsie meer gereeld  Aldus die regter!!

Contact Us

Phone

08 33 10 11 12

Email

[email protected]